Dragons Nuus brief - 1

Dragons Familie Rugbyklub

Hartlik welkom ouers en spelers

2017 Seisoen:

Dragons Jeugklub 2017 Seisoen skop amptelik af op 24 Julie te Stephanus Roos om 17:30 met ‘n inligtingsessie.

Inskrywing en Inskrywingsgelde: Ons versoek u vriendelik om so gou moontlik die speler/s te registreer asook die nodige registrasie fooie te vereffen, registrasie is via ons webblad Spelers.

Die fooie beloop as volg en sluit ‘n Dragons hemp en broek asook die afsluitingsfunksie geskenk vir spelers aan die einde van die seisoen in:

Laerskool spelers R 400-00
Hoërskool spelers R 450-00
Rugby kouse vir hoërskool spelers moet addisioneel aangeskaf word teen R70 ‘n paar.

Indien daar enige persoon is wat nie die inskrywingsgelde kan by bring nie, kan u ons gerus kontak om die nodige reëlings te tref vir afbetaling, kwytskelding of borge. Ons wil geen kind benadeel as hy nie die gelde kan by bring nie, maar daar moet skriftelike vertoë gerig word aan die bestuur.

Blou Bul Rugby Proewe: Die proewe begin eersdaags en die program is op ons webblad beskikbaar.

Die kwalifikasies is as volg:
‘n Speler moet twee jaar as vol betaalde lid aan ‘n jeugklub behoort het en minstens drie wedstryde vir die jaar gespeel het. As die speler verlede jaar aan ‘n jeugklub behoort het, sy registrasie fooie is ten volle vereffen en het drie wedstryde gespeel het (maak nie saak vir watter jeugklub nie) en die speler se registrasie fooie vir die 2017 seisoen ten volle vereffen is, sal die speler kwalifiseer aangesien die speler sy drie wedstryde nog kan speel.

Let wel, vir die beste kans om raakgesien te word deur die keurders, versoek ons dat alle proef wedstryde bygewoon sal word tot op die einde. Volg ons asb. op facebook en besoek ons webblad weekliks vir al die nuutste nuus en nodige inligting, http://www.dragonsrugby.co.za

Ons sien daarna uit om weereens ‘n suksesvolle Dragons Jeugklub seisoen met elke ouer en speler te deel.

Vriendelike Groete
Johan Reyneke
VOORSITTER – JEUGRUGBY
info@dragonsrugby.co.za